Die EFF wil ‘n Vrystaatse dokter se praktyk te sluit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 2
- 1 min read
Die EFF in die Vrystaat dreig om die mediese praktyk van 'n dokter in Kroonstad te sluit wie se kleinseun hulle daarvan beskuldig dat hy 'n man doodgeskiet en in 'n ongemerkte vlak graf op sy plaas begrawe het. Volgens SABC News het lede van die party om geregtigheid buite die dokter se spreekkamer betoog. Dit volg na die polisie verlede maand die ontbinde liggaam van ‘n onbekende man op 'n plaas langs die pad tussen Kroonstad en Welkom ontdek het. ‘n Saak van moord en regsvereideling is geopen. Die adjunkvoorsitter van die EFF in die Vrystaat het antwoorde van die vermeende moordenaar se oupa, dokter Koos Troskie, geëis, en hom op sosiale media 'n rassistiese wit boer genoem.





Comments