Die Ekurhuleni-ondersoeke is tot nasionale vlak verhoog

Sep 30
1 min read
’n Gespesialiseerde multidissiplinêre ondersoek na die onlangse moorde op verskeie vroue in Ekurhuleni in Gauteng, is tot nasionale vlak verhoog.
President Cyril Ramaphosa het dit aangekondig tydens sy toespraak aan die land oor die hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord in Suid-Afrika.
Hy sê speurders, Misdaadintelligensie, forensiese spesialiste en ondersoekende sielkundiges is by die ondersoek betrokke. Ramaphosa sê die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad help ook met die digitale forensiese ondersoek.
LUISTER HIER:
President Cyril Ramaphosa









Comments