top of page

Die energieminister belowe dat lasvermindering oor 'n jaar iets van die verlede sal wees

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Sep 26
  • 1 min read

Die minister van energie en elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het beloof dat lasvermindering, soos beurtkrag, binne 12 tot 18 maande iets van die verlede sal wees.


Maroela Media berig hy het tydens 'n mediakonferensie in Pretoria gesê hy en sy span sal die koste van elektrisiteit afbring, aangesien nie net die armes nie maar ook middelklas- en welvarende Suid-Afrikaners sukkel om kragkoste by te bring.


Die plan, wat grootliks deur Eskom befonds sal word, behels die installering van slim-meters wat kragdiewe sal uitwys, die installering van mikronetwerke in afgeleë gebiede wat deur groenkrag en batterye teen ʼn laer koste van krag voorsien sal word, en die uitbreiding van gratis basiese elektrisiteit.


Volgens Eskom se distribusiehoof, Agnes Mlambo, is die kragreus reeds besig met ʼn proses om ál 6,2 miljoen van sy kragmeters te vervang. Hulle sal nou voorkeur gee aan gebiede waar daar lasvermindering is.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page