Die FAK en die Staatsteater werk saam om Afrikaans weer op die planke te bring
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 14
- 1 min read
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Suid-Afrikaanse Staatsteater (SAST) het amptelik ʼn historiese samewerkingsooreenkoms bekendgemaak wat daarop gemik is om Afrikaanse teater en uitvoerende kunste opnuut ʼn prominente plek op die Staatsteater se groot en glansryke verhoë te gee.
Maroela Media berig dit kom nadat die SAST na die FAK en die Voortrekkermonument uitgereik het om te help met die ontwikkeling en bemarking van ʼn volhoubare Afrikaanse aanbieding. Voorlopige gesprekke het begin nadat die Staatsteater van die merkwaardige groei en verbeterings op die Voortrekkermonument-terrein kennis geneem het.
Die Staatsteater in Pretoria, wat een van die grootste teaterkomplekse in die suidelike halfrond is, was vir dekades ná sy opening in 1981 die spilpunt van glans, aansien en ʼn teaterbelewenis sonder gelyke. Die unieke vennootskap tussen die FAK en die SAST is deel van ʼn omvattende strategie om Afrikaanse gehore by dié “grande dame” terug te verwelkom.
Volgens die vennootskap word ʼn dinamiese Afrikaanse program ontwikkel wat gevestigde kunstenaars, nuwe stemme en verskillende kunsvorme insluit.








Comments