Die FAK vereer 'n Oos-Vrystaatse erfenisbewaarder
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 10
- 1 min read
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het ’n spesiale toekenning van waardering aan Hendrik Gerhardus Johannes Beukes, beter bekend as Oom Gert, oorhandig vir sy erfenisbewaringswerk in die Oos-Vrystaat.
Die toekenning is tydens die borge-aand van die Clocolan Kultuurfees oorhandig deur die FAK se kultuurnetwerkkoördineerder in die Sentraal-streek, Lieandri Ackermann.
Die FAK sê op hul Facebook-blad Beukse se plaas, Vlakfontein, naby Clocolan, het oor bykans 80 jaar ’n unieke versameling van landbou- en vervoergeskiedenis opgebou, en dien vandag as ’n lewende museum.








Comments