Die Fifa Wêreldbeker-ondersteuningsprogram kos belastingbetalers miljoene
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Die Fifa Wêreldbeker-ondersteuningsprogram gaan na raming R30.9 miljoen kos.
Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die bedrag in 'n skriftelike antwoord aan die parlement bekend gemaak.
Reisuitgawes vir McKenzie, twee ondersteuningspersoneel, die direkteur-generaal en 'n projekspan van 14 lede word op R7.8 miljoen geraam.
Volgens die DA is die finale koste nog nie bekend gemaak nie, en die name van alle afvaardigingslede is nie openbaar gemaak nie.
Die party se Leah Potgieter sê die DA sal ’n gedetailleerde uiteensetting van die uitgawes aanvra en wil hê McKenzie moet aan die parlement verantwoording doen.








Comments