top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die FuturePharma-fasiliteit sal nuwe geleenthede vir SA se gesondheidsorgbedryf skep

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 7
1 min read

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê die FuturePharma-fasiliteit sal nuwe geleenthede vir Suid-Afrika se gesondheidsorgbedryf skep.


Die minister het Woensdag by die bekendstelling van die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing se FuturePharma-fasiliteit in Pretoria gepraat.


Nzimande sê die platform sal universiteite, navorsingsorganisasies, opkomende ondernemings en gevestigde maatskappye toegang gee tot gevorderde infrastruktuur en kundigheid.


Hy sê die fasiliteit sal ook tegnologie-oordrag ondersteun, skaars vaardighede ontwikkel en ondernemingsgroei stimuleer.


LUISTER HIER:


Tebogo Mashilompane

President Cyril Ramaphosa by die opening van FuturePharma. FOTO: SA News
President Cyril Ramaphosa by die opening van FuturePharma. FOTO: SA News

 
 
 

Comments


bottom of page