top of page

Die G20-beraad sal met of sonder die VSA voortgaan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 13
  • 1 min read

Volgens President Cyril Ramaphosa sal die Verenigde State se besluit om die komende G20-beraad in Johannesburg te boikot, nie keer dat die beraad voortgaan nie.


Washington se stap volg ná meningsverskille met Pretoria oor die beraad se agenda, wat die VSA as teen-Amerikaans beskryf het.


Die beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, is die eerste wat op Afrika-bodem gehou word.


Ramaphosa sê die VSA se afwesigheid is hulle verlies en dat belangrike wêreldbesluite steeds geneem sal word.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook


Comments


bottom of page