Die GBV-krisis werp skadu oor Vryheidsdag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 23
- 1 min read
Te midde van die voortgesette krisis van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord sê die National Shelter Movement of South Africa die land moet die betekenis van vryheid heroorweeg
Suid-Afrika herdenk Vryheidsdag op Maandag.
Die organisasie sê die klassifisering van dié geweld as ’n nasionale ramp bevestig wat skuilings regoor die land reeds jare lank ervaar.
Volgens die beweging raak die geweld talle gesinne en bly dit ’n ernstige nasionale uitdaging.
Die organisasie se direkteur, Fatima Mamod, sê sterker wetgewing en groter samewerking is nodig om oorlewendes beter te beskerm.








Comments