top of page

Die geldigheidstydperk van lisensies gaan verleng word, dalk teen ‘n koste

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 12
  • 1 min read

Die fooi vir die hernuwing van 'n bestuurslisensiekaart sal moontlik verhoog moet word indien die geldigheidstydperk tot agt jaar verleng word.


So sê die minister van vervoer, Barbara Creecy.


Volgens MyBroadBand het die minister bevestig dat die veranderinge beslis sal plaasvind, maar sy voeg by die departement wag op die uitslae van hul studie oor die finansiële implikasies van die skuif.


Intussen berig Newskoop die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het Creecy se voorstel verwelkom.


Outa se Stefanie Fick is van mening dat die verandering ‘n lae-risiko hervorming is wat die administratiewe las op die druk van lisensiekaarte sal verlig, koste vir die regering en motoriste sal besnoei, en gerief vir die publiek sal verbeter.


Ter illustrasie. FOTO:  MyBroadBand
Ter illustrasie. FOTO: MyBroadBand

 
 
 

Comments


bottom of page