top of page

Die geloofwaardigheid van die metro se ombudsman moet beskerm word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

In ‘n omvattende stel vra word die Manguang Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, gevra hoe hy van voorneme is om die nuut-aangekondigde kantoor van die ombudsman te beskerm.  


Dit sluit in die onafhanklikheid, sekuriteit en geloofwaardigheid van dié kantoor.


DA-raadslid Dirk Kotze sê in ‘n mediaverklaring die party verwelkom die stigting van die kantoor. 


Die vrae kom terwyl die ombudsman se kantoor reeds begin het met hul eerste ronde betrokkenheidswerkswinkels.


Kotze voeg by terwyl hierdie werkswinkels nodig is om prosesse te verduidelik en werksverhoudinge te bou, beklemtoon hulle ook die dringende behoefte aan duidelike waarborge.


Dit om te verhoed dat interne strukture onbehoorlike invloed op die ombudsman se operasionele onafhanklikheid uitoefen.


Ter illustrasie. FOTO: The South African
Ter illustrasie. FOTO: The South African

Comments


bottom of page