Die gemeenskap en reddingswerkers span saam om kind se lewe te red
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 16, 2024
- 1 min read
Search and Rescue ZA (SARZA) se Vrystaat-eenheid het ’n kind gered wat deur die nou opening van ’n 8m-boorgat geval het. Alhoewel die diepte van die boorgat ’n uitdaging was, was dit veral die nou deursnee en die onstabiele struktuur waarin die kind homself bevind het, wat die reddingspoging bemoeilik het. Volgens ’n mediaverklaring het SARZA Vrydag 13 Desember begin deur ’n mobiele beheerpunt op te stel, terwyl nooddienste die kind se posisie bepaal het. Suurstof is toegedien om sy veiligheid te verseker. Plaaslike boere en besighede het swaar masjinerie en toerusting voorsien om ’n parallelle gat te grawe. ’n Reddingswerker het die kind suksesvol gered. Die kind is na Pelonomi-hospitaal vervoer, en die boorgat is dadelik verseël om verdere ongelukke te voorkom.





Comments