top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die gemeenskap staan saam om ‘n verdagte in Lhp vas te trek

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16
1 min read

Bloemfontein se veiligheidsgemeenskap het Donderdagaand saam gespan om 'n gewapende verdagte vas te keer.


Volgens 'n plasing van AfriForum Bloemfontein op sosiale media het die SAPD dringend bystand versoek tydens die agtervolging van gewapende verdagtes in die omgewing van die R64 en Van Blerkstraat in Langenhovenpark.


Reaksie-eenhede, buurtwaglede en 'n hommeltuigspan geaktiveer, en 'n gesamentlike soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.


Een verdagte is voorgekeer, terwyl ander verdagtes te voet die veld ingevlug het. Die SAPD het die verdagte in hegtenis geneem.


'n Gesamentlike soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. FOTO: Facebook
'n Gesamentlike soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page