Die gemiddelde SA'ner moet amper vyf jaar werk vir ‘n politikus se maandelikse salaris

Dit sal die gemiddelde Suid-Afrikaner amper vyf jaar neem om te verdien wat die land se top-politici in ’n enkele maand verdien.
Business Tech berig die Speaker van die Nasionale Vergadering, wat een van die hoogsbetaalde politieke ampsdraers is, sal ná die jongste salarisaanpassings wat deur president Cyril Ramaphosa goedgekeur is, R284 142 per maand verdien. 'n Gewone Suid-Afrikaner wat R5 000 per maand verdien, sal ongeveer 4,7 jaar moet werk om dieselfde bedrag te kry.
Verskeie belanghebbendes meen die jongste salarisverhoging vir dié politici toon ’n gebrek aan begrip vir die finansiële uitdagings waarmee gewone Suid-Afrikaners te kampe het.
Ramaphosa het in November salarisverhogings van tussen 3,5% en 4% vir openbare ampsdraers vir die 2026-’2027-boekjaar goedgekeur. Volgens die Presidensie het die besluit rekening gehou met Ramaphosa se oorweging van die ernstige ekonomiese uitdagings waarmee die land te kampe het.
Suid-Afrika het een van die hoogste vlakke van inkomste-ongelykheid ter wêreld.










Comments