top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die geraamde koste van VS geouditeerde infrastruktuurkontrakte verdubbel amper

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
15 minutes ago
1 min read

Die geraamde koste van 15 geouditeerde infrastruktuurkontrakte in die Vrystaat het van R1,45 miljard na R2,8 miljard gestyg. Dit is aangesien die kontrakte van wanpresterende kontrakteurs gekanselleer is en nuwe kontrakteurs aangestel is.


Die kontrakte is aan infrastruktuurprojekte van die Vrystaatse departemente van gesondheid, paaie en menslike nedersettings gekoppel.


Nova News berig die ouditeur-generaal (OG) het Dinsdag op ’n inligtingsessie in die Vrystaatse wetgewer gesê die staat moes by 94% van die kontrakte bykomende uitgawes aangaan. Die oorspronklike kontrakteurs het hul verpligtinge nie nagekom nie.


Die OG het ook gesê die Vrystaatse regering het nie streng genoeg teen die wanpresterende kontrakteurs opgetree nie. Die nasionale tesourie en die departement van openbare werke het wel voorskrifte daaroor uitgereik.


VF Plus-wetgewerlid Armand Cloete het premier Maqueen Letsoha-Mathae gevra watter stappe die regering doen om verliese van die kontrakteurs te verhaal en om te keer dat hulle weer staatskontrakte kry.


Hy sê die verantwoordelikheid eindig nie by die kontrakteurs nie.


Maqueen Matsoha-Mathae. FOTO: SABC News
Maqueen Matsoha-Mathae. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page