top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vier is reeds vas vir die beweerde kontant-in-transito-rooftog in Bfn

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 hours ago
1 min read

Vier verdagtes is in hegtenis geneem is in verband met die beweerde kontant-in-transito-rooftog wat Woensdagoggend in Estoire in Bloemfontein plaasgevind het. Dit is volgens 'n boodskap van Securiforce.


Twee voertuie wat vermoedelik met die rooftog verband hou, is ook by ’n woning opgespoor wat tans ondersoek word. Daar is glo ook wapens op die perseel gevind. Geen verdagtes is by die woning aangetref nie.


Die forensiese eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was ook teenwoordig.


Die vier blyk egter nie die enigste verdagtes te wees wat by die voorval betrokke was nie. Ander sekuriteitsmaatskappye en eenhede van die SAPD se blitspatrollie het glo ook verdere inhegtenisnemings uitgevoer.


Die totale aantal verdagtes wat by die voorval betrokke was en in hegtenis geneem is, is nog nie amptelik bevestig nie.


Die toneel bly afgesper terwyl die SAPD met sy ondersoek voortgaan.


Die gebied is nog nie heropen nie, en lede van die publiek word aangeraai om die onmiddellike omgewing te vermy totdat die ondersoek op die toneel afgehandel is.


'n Beweerde kontant-in-transito-rooftog in Estoire. FOTO: Verskaf
'n Beweerde kontant-in-transito-rooftog in Estoire. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page