top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Landboudepartement bestee slegs 6 % van die begroting vir boereondersteuning

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 hour ago
1 min read

Mpumalanga se Departement van Landbou het 55 % van sy jaarlikse begroting bestee, maar slegs 6 % van die fondse wat spesifiek aan die ondersteuning van boere toegeken is.


Die VF Plus se Werner Weber sê die departement het teen die einde van die tweede kwartaal net meer as R1 miljard bestee, terwyl slegs 17 kleinskaalse boere ondersteuning ontvang het teenoor 'n teiken van 30.


Slegs 15 % van die voedselsekerheidsbegroting is bestee, terwyl die Grondversorgingsprogram geen uitgawes aangeteken het nie.


Weber sê die bestedingspatrone wek kommer oor beplanning en prioriteite, en hy het onderneem om die departement tot verantwoording te roep.


Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus
Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus

 
 
 

Comments


bottom of page