top of page

Die gereg sloer glo na ‘n man van ‘n fop-ontvoering beskuldig word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 21, 2025
  • 1 min read

'n Skynbare saak van vals ontvoering deur 'n Bloemfonteinse vrou wat haar voormalige kêrel beskuldig het, sloer glo steeds in die Bloemfonteinse strafregstelsel. Volgens BloemExpress oorweeg die Nasionale Vervolgingsgesag glo om die vals ontvoering wat die 27-jarige vrou aangemeld het, te hersien. Die vrou het skynbaar skotvry daarvan afgekom, ten spyte van bewyse dat sy haar eie ontvoering twee jaar terug georkistreer het en haar eks, Tankiso Thoabala, beskuldig het. Sy is nooit aangekla van meineed, die opening van 'n vals ontvoeringsaak of die inkriminering van Thoabala nie. Hy sê wat vir hom meer skokkend is, is dat die gereg na twee jaar glo nog geen stappe geneem het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page