Die gesondheidsdepartement pak ‘n Guinness Wêreldrekord aan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 26
- 1 min read
Die Nasionale Departement van Gesondheid sal na verwagting Donderdag ’n Guinness Wêreldrekord-inskrywing aanpak deur TB-siftings sowat 4 000 meter ondergronds by ’n myn in Carletonville te doen.
Die projek gebruik ultra-draagbare X-straaltegnologie om vroeë opsporing van tuberkulose te bevorder.
TB raak jaarliks ongeveer 249 000 mense in Suid-Afrika, en vroeë diagnose bly ’n sleutel in die stryd teen die siekte. ’n Span gesondheidswerkers sal hiervoor na een van die diepste skagte ter wêreld afgaan.
Die inisiatief vorm ook deel van verpligte sifting ingevolge myngesondheids- en veiligheidswetgewing, veral vir werkers wat aan silikastof blootgestel word.
Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi woon die geleentheid saam met rolspelers in die bedryf by.








Comments