top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die gesondheidsdepartement sloer met die vul van Vrystaatse doktersposte

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 13, 2025
1 min read

Terwyl ander provinsies vakatures begin adverteer het om dokters ná hul gemeenskapsdiens aan te stel, is baie dokters in die Vrystaat steeds werkloos.


Dit nadat die departement van gesondheid tot dusver geen poste vir dokters geadverteer het sedert die begin van die nuwe finansiële jaar nie.


Netwerk24 berig die nasionale tesourie het intussen reeds geld toegeken vir die indiensneming van dokters wat tans werkloos is.


Die sameroeper van die mediese vakbond Samatu in die Vrystaat, Pule Nkate, sê dié nalatigheid vererger die personeeltekorte binne gesondheidsorginstellings in so ’n mate dat sommige dokters take moet verrig wat wyer strek as dié van ’n dokter, om die beste sorg aan pasiënte te lewer.


Nkate sê hulle is bereid om ’n gesonde verhouding met die departement voort te sit, maar hulle eis vinnige reaksie.


Die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê hy moet eers inligting van hul menslikehulpbronne- en finansiële afdeling verkry voordat hy kan reageer.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page