top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die gesondheidsminister vra vir ’n ondersoek ná ’n nuusberig

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
12 hours ago
1 min read

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het gevra vir ’n ondersoek na bewerings wat verband hou met advertensiekontrakte vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).


Daar word versoek dat die Spesiale Ondersoekeenheid, die Ouditeur-generaal en die Openbare Beskermer ondersoek instel na die bewerings, wat in ’n News24-artikel gemaak is.


Die artikel beweer dat kontrakte vir NGV-bemarking en gesondheidskommunikasie tot ’n gesamentlike R182 miljoen opgeskiet het. News24 sê dokumente toon dat die geld vir die kontrakte van kritieke gesondheidsorgprogramme afkomstig was.


Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle het verwag dat so iets aan die lig sou kom, hoewel nie op hierdie manier nie.


LUISTER HIER:


Foster Mohale

Aaron Motsoaledi. FOTO: Facebook
Aaron Motsoaledi. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page