Die getal geregistreerde politieke partye neem toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 30
- 1 min read
Die aantal politieke partye wat by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) van Suid-Afrika geregistreer is, het van 508 tot 620 toegeneem.
Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, voeg by die kommissie berei intussen voor vir die laaste kieserregistrasienaweek op 1 en 2 Augustus.
Byna 24 000 stemlokale regoor die land sal dié naweek van agtuur die oggend tot vyfuur die middag oop wees. Meer as 28 miljoen kiesers is reeds geregistreer.
Volgens Mamabolo is daar tans 'n groot toename in die registrasie van nuwe politieke partye.








Comments