Die gewaande baasbrein van ‘n renosterstropingsindikaat is weer agter tralies
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 14, 2025
- 1 min read
Die gewaande baasbrein agter ‘n renosterstropingsindikaat, Hugo Ras, is weer in ‘n sel.
Dit nadat hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie.
Netwerk24 berig Ras staan volgens die klagstaat op 130 aanklagte tereg. Die aanklagte sluit onder andere in afpersing, diefstal, geldwassery en die verkoop van renosterhorings.
Hy is vroeër die week weer in hegtenis geneem nadat hy nie sy borgtogvoorwaardes nagekom het nie.
Ras en sy medebeskuldigdes is destyds op verskillende plekke in die land in hegtenis geneem. Hy het glo vir vier jaar renosters in ses provinsies van hul horings gestroop.







Comments