top of page

Centlec gee Bloemfonteiners amnestie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Centlec het ’n 60-dae-algemene amnestie ingestel vir Bloemfonteiners wat betrokke is by meterpeutery, onwettige kragaansluitings of ongemagtigde verskuiwing van kragmeters.


Volgens ’n mediaverklaring volg die besluit ná ’n resolusie wat einde Januarie deur die Mangaung Metro Munisipaliteit se raad goedgekeur is.


Die amnestie is deel van die kragverskaffer se pogings om finansiële volhoubaarheid te herstel en infrastruktuur te beskerm.


Mense wat hulself binne die tydperk aanmeld, sal nie onmiddellik swaar boetes of kriminele aanklagte in die gesig staar nie.


Aansoekers sal vorms moet voltooi en geldige dokumentasie indien.


Centlec sê die inisiatief is daarop gemik om inkomsteverliese te beperk en om meer gebruikers wettig by die netwerk in te skakel.


Ter illustrasie. FOTO: ActionSA
Ter illustrasie. FOTO: ActionSA


Comments


bottom of page