top of page

Die VF Plus waarsku teen “kosmetiese” skuldverhaling

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die VF Plus eis dat salarisaftrekkings vir munisipale skuld in die Mangaung Metro Munisipaliteit meer moet wees as net ’n kosmetiese oefening.


Bloemnuus berig die party sê die skuldkrisis word nie werklik aangespreek nie, aangesien die totale agterstallige skuld steeds hoog bly.


Volgens VF Plus-raadslid Elizabeth Snyman-van Deventer laat dit die vraag ontstaan of nuwe skuld opgebou word terwyl ou skuld sogenaamd afbetaal word.


Die party eis dat alle raadslede en munisipale werknemers hul rekeninge volledig op datum hou, en dat dieselfde kredietbeheer op hulle toegepas word as op gewone mense.


Die VF Plus sê aanspreeklikheid begin by leierskap en waarsku dat skuld nie saam met raadslede mag verdwyn wanneer hul termyne eindig nie.


Elizabeth Snyman-van Deventer. FOTO: Bloemnuus
Elizabeth Snyman-van Deventer. FOTO: Bloemnuus

bottom of page