top of page

Die Glen neem afskeid van ‘n vermoorde Bloemfonteinertjie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 21
  • 1 min read

Die Glen-gemeenskap het in groot getalle by die begraafplaas byeen gekom om afskeid te neem van die vermoorde 5-jarige Bloemfonteinertjie, Onkarabetse Leeuw.


Hy is die tweede kleuter in net een maand wat in die area vermoor is.


Netwerk24 berig verder terwyl Onkarabetse ter ruste gelê is, het sy pa se niggie, Vuyiswa Leeuw, in die Bloemfontein landdroshof op aanklag van sy moord verskyn.


Haar driejarige dogtertjie, Katleho Leeuw, was die eerste slagoffer van wat inwoners nou ‘n “familietragedie van wraak en pyn’ noem.


Katleho se liggaam is verlede maand gevind, na sy as vermis aangemeld is.


Onkarabetse se pa is kort daarna in vir haar moord hegtenis geneem.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page