Die Good-party kritiseer politieke partye wat die nasie verdeel
- Ilde Roos

- Sep 26
- 1 min read
Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, het nié die wetgewende gesag gehad om die polisietaakspan wat politieke moorde in KwaZulu-Natal moet ondersoek te ontbind nie.
Hy het ook nie volgens regulatoriese voorskrifte en wetgewing opgetree toe hy dit op homself geneem en opdrag vir die ontbinding gegee het nie.
Dit is volgens die hoof van regeringsbestuur, wetgewing en beleid in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se regsafdeling, Petronella van Rooyen.
Netwerk24 berig sy het gister voor die Madlanga-kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel getuig.
Sy sê die minister kan nie op ’n operasionele vlak sê hoe beleid toegepas moet word nie – dit moet in die hande van die nasionale kommissaris gelos word.
Op ’n vraag oor nog ’n opdrag van Mchunu dat oop poste in die misdaadintelligensie-eenheid nie gevul mag word nie en by wie so ’n besluit lê, sê Van Rooyen dit val ook onder die nasionale polisiekommissaris.






Comments