Die Good-party veroordeel soldate se werksomstandighede
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 28
- 1 min read
Die Good-party het die werksomstandighede van soldate wat in Operasie Prosper ontplooi is, veroordeel.
Die soldate is ontplooi om die polisie te help om bendeverwante geweld in die Wes-Kaap te beveg. Volgens die party werk die soldate onder onmenslike toestande, wat onvoldoende sanitasiedienste insluit.
Die party sê 146 soldate gebruik slegs drie toilette. Een van hierdie toilette is buite werking en benodig herstelwerk.
Good se Sekretaris-Generaal, Brett Herron, sê selfs krygsgevangenes het beter toestande.
LUISTER HIER:
Brett Herron








Comments