Die Gratis Basiese Elektrisiteitprogram word hersien
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 22
- 1 min read
Die regering hersien tans Suid-Afrika se Gratis Basiese Elektrisiteitprogram om meer ondersteuning aan behoeftige huishoudings te bied.
Volgens die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, word die huidige toekenning van 50 kilowatt-uur gratis elektrisiteit per maand as verouderd beskou en kan dit aangepas word.
My City Bloemfontein berig die regering sê baie huishoudings wat kwalifiseer, maak steeds nie gebruik van die subsidie nie weens beperkte bewustheid en administratiewe uitdagings. Die hersiening vorm deel van breër planne om elektrisiteit meer bekostigbaar vir kwesbare huishoudings te maak.








Comments