Die Grensbestuurowerheid kry ekstra hande
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Om die land se grense hierdie feestyd te help bestuur sal die Departement van Toerisme die Grensbestuurowerheid van 160 amptenare voorsien.
Aangesien baie mense hul families in buurlande besoek, word daar verwag dat die land se grense teen en ná Kersfees baie besig sal wees.
Om by die verskeie grensposte te help sal Gauteng ook 80 amptenare en die Weskaap 50 amptenare voorsien.
Intussen berig Eyewitness News dat hierdie venootskappe moes aangegaan word aangesien die grensbestuurowerheid nie in staat is om die dienste self te lewer nie.
Volgens die owerheid se kommissaris is hulle nog redelik jonk en moet hulle kapasiteit bou soos hulle vorentoe gaan.






Comments