top of page

Die Griekwas breek die 55-jaar wag en wen die Curriebeker

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 21
  • 1 min read

Die Suzuki Griekwas het Saterdag geskiedenis gemaak toe hulle die Curriebeker met ’n naelbyt-oorwinning van 27-25 teen die Fidelity ADT Leeus op Ellispark inpalm. Dit is die eerste keer in 55 jaar dat die span uit Kimberley die gesogte trofee huis toe bring. Volgens Netwerk24 was die eindstryd van begin tot einde ’n spanningsbelaaide kragmeting, met beide spanne wat meedoënloos aangeval en verdedig het. Uiteindelik het die Griekwas se vasberadenheid en kalmte onder druk die deurslag gegee toe George Whitehead die wenskop deur die pale jaag vir ‘n 27-25 oorwinning.

 
 
 

Comments


bottom of page