top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Griekwastad-moordenaar se parool is herroep

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 5
  • 1 min read

Updated: Jun 8

Die man wat as tiener sy ouers en suster op die plaas Naauwhoek buite Griekwastad vermoor het sal nie op parool vrygelaat word nie, nadat die besluit om hom parool toe te staan herroep is.


Maroela Media berig die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, het die saak vroeër vanjaar na die Korrektiewe Toesig- en Paroolhersieningsraad verwys vir heroorweging.


Die hersieningsraad het intussen besluit om die oorspronklike besluit van die Upingtonse paroolraad tersyde te stel en parool nie toe te staan nie.


Die man, wat nou 29 jaar oud is, dien 'n effektiewe vonnis van 20 jaar uit nadat hy in 2014 skuldig bevind is aan die moorde op Deon en Christel Steenkamp en hul 14-jarige dogter, Marthella.


Hy is ook skuldig bevind aan die verkragting van Marthella en regsverydeling nadat hy aanvanklik beweer het die gesin was slagoffers van 'n plaasaanval.


Pieter Groenewald. FOTO: EWN
Pieter Groenewald. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page