top of page

Die Grondwet lewer steeds resultate

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika se Grondwet het oor die afgelope 30 jaar verskeie kernbeloftes nagekom.


Kubayi het gepraat tydens die nasionale bekendstelling van die Grondwet se 30-jaar-herdenking by die Apartheid Museum.


Sy sê hoewel uitdagings steeds bestaan, het die Grondwet onder meer bygedra tot die integrasie van die land se regstelsel.


Volgens Kubayi moet transformasie voortgaan om toegang tot geregtigheid te versterk.


Sy beklemtoon dat geregtigheid nie net die bestaan van howe beteken nie, maar ook vereis dat instellings toeganklik, doeltreffend en responsief moet wees.


Mmamoloko Kubayi. FOTO: Facebook
Mmamoloko Kubayi. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page