Die groot VS opgaardamme is op optimale vlakke

Groot wateropgaardamme in die Vrystaat is op optimale vlakke op pad na die lente en somer, danksy onlangse reënval in die streek.
Volgens die jongste verslag van die Departement van Water en Sanitasie is die provinsie se waterbronne in ’n besonder sterk posisie ná ’n uitstekende winter en die vorige reënseisoen.
Nova News berig die Welbedachtdam, wat deur die Caledonrivier gevoed word en die Mangaung-metro van water voorsien, het egter ondanks volgehoue reënval aansienlik gedaal, van 101% tot 80,4%.
Die Tierpoortdam, wat hoofsaaklik vir landbou gebruik word, staan tans op 99,3%, wat dui op ’n baie hoë en stabiele watervlak.
Die departement se nasionale woordvoerder, Wisane Mavasa, het die publiek aangemoedig om voort te gaan om water te bespaar en dit verstandig te gebruik. Sy sê gemeenskapslede word ook aangemoedig om enige skade aan infrastruktuur en dade van vandalisme by hul plaaslike munisipaliteite of die departement aan te meld.









Comments