Die half-ontbinde liggaam van 'n vrou is in Bloemfontein gevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 24
- 1 min read
Die liggaam van 'n volwasse vrou, wat reeds in 'n gevorderde stadium van ontbinding is, is in Kagisanong in Rocklands, Bloemfontein, gevind.
Dié vonds is Dinsdag in die suidelike asgate naby die Southpark Begraafplaas gemaak.
Volgens 'n polisieverklaring was die oorledene in 'n informele struktuur gevind, en 'n ondersoek is geopen. Die oorsaak van dood is nie bekend nie.
Polisiewoordvoerder, sersant Tefo Lefalatsa, sê enigiemand met inligting word gevra om die polisie te kontak.





Comments