Die Hangda-staalfabriek in Thaba Nchu is gesluit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 28
- 1 min read
Na ‘n klopjag by die Hanga-staalfabriek in Thaba Nchu, gelei deur die adjunkminister van werk en arbeid, is die fabriek weens nie-nakoming gesluit. Free State World berig die staalfabriek het onlangs op eNCA se Checkpoint verskyn vir die mishandeling van werknemers asook dat hulle gedwing word om vakbond waarby hulle aangesluit het, te verlaat. Die Adjunkminister was glo geskok deur die vlak van nie-nakoming en het gelas dat die maatskappy gesluit word totdat hulle aan wetgewing voldoen. Hy voeg by die uitbuiting, skuldbinding en moderne slawerny kan nie toegelaat word nie. Sewe onwettige Chinese immigrante is ook tydens die operasie in hegtenis geneem.





Comments