top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die hart en siel van Greenside Kwekery is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 5
  • 1 min read

Jan van Blerk, wat deur baie Bloemfonteiners as die hart en siel van Greenside Kwekery geken is, is oorlede.


Volgens inligting wat deur die kwekery gedeel is, is Van Blerk rustig oorlede, omring deur sy geliefdes.


Hy was vir baie jare die gesig van die kwekery en het bekendheid verwerf vir sy liefde vir plante, sy kennis en sy vriendelike diens.


Die kwekery sê hy het nie net tuine mooier gemaak nie, maar ook verhoudings gebou en mense se lewens met sy omgee-hart en humorsin aangeraak.


Sy nalatenskap leef voort in elke boom wat hy geplant het, elke tuin wat hy help skep het en in die harte van ieder en elk wat die voorreg gehad het om hom te ken. 


Besonderhede oor die roudiens sal later bekend gemaak word.



 
 
 

Comments


bottom of page