Die heffing op voorafbetaalde watermeters kom onder skoot
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3, 2025
- 1 min read
‘n Maandelikse heffing van tot R60.60 op alle voorafbetaalde watermeters is van 1 Julie in werking. Terwyl die Mangaung Metro Munisipaliteit glo bevestig het dat dit nou ‘n permanente maandelikse koste sal wees, betwis die DA hul interpretasie van die kredietbeheerbeleid. Die DA sê verder in ‘n kennisgewing, die beleid bepaal glo duidelik dat beskikbaarheidskoste jaarliks gehef en in maandelikse paaiemente verhaal kan word om kliente te help. Hulle is egter van mening dat die heffing wat die munisipaliteit op inwoners afdwing, onregverdig is en nog nooit in die praktyk geïmplementeer is nie. Die party beweer verder die stap sal die koste van basiese water met tot 300% vir sommige inwoners verhoog, en meld dat hulle vroeër die jaar teen hierdie begroting gestem het.






Comments