top of page

Die Heidedal-swembad is weer gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Heidedal-swembad is weer gesluit.


Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit is die fasiliteit hierdie naweek gesluit weens herstelwerk aan die motor en pomp.


Free State World berig die swembad is vroeër ook gesluit, met waterskaarste as rede aangevoer.


Die sluiting volg kort ná ’n besoek aan Heidedal deur die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie.


Tydens die besoek is daar onder andere tafeltennistoerusting by Heide Primêre Skool oorhandig.


Gemeenskapslede het egter hul ontevredenheid uitgespreek oor die toestand van bestaande sportfasiliteite, insluitend die swembad en Billy Murison-stadion.


Hoewel McKenzie sport as ’n middel tot positiewe verandering beklemtoon het, sê inwoners hul infrastruktuur bly ’n dringende uitdaging.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page