top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die hemele kan dalk 'n ligskou lewer

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025
1 min read

Suid-Afrikaners gaan Woensdagaand die geleentheid kry om dalk die Aurora Australis te besigtig.


Dit aangesien die eerste van drie voorspelde sonstorms die aarde Dinsdag begin tref het.


Weens die energie van die deeltjies in die boonste atmosfeer kan die hemele in die suidelike halfrond moontlik skouspelagtig verlig word.


Volgens Cape Town Etc kan inwoners tot in die Vrystaat moontlik die ligvertoning sien.


Kenners raai aan dat jy jou kamera en 'n bietjie geduld saam bring.


FOTO: Cape Town Etc.
FOTO: Cape Town Etc.

 
 
 

Comments


bottom of page