Die herhaling van skoolgrade kos die land miljarde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 25
- 1 min read
Die Departement van Basiese Onderwys sê die herhaling van grade kos die land miljarde rand per jaar. Dit behels glo sowat 8 % van die departement se begroting.
Die bevindinge verskyn in die Funda Uphumelele-verslag wat leesuitkomste van graad 1- tot 4- leerders ondersoek het. Volgens die verslag het 15 % van graad 3-leerders nul behaal in leestoetse.
Navorsing toon dat ongeveer R20 miljard aan herhalings bestee word. Kenners meen dié geld moet eerder na vroeë kinderontwikkeling en gestruktureerde leesprogramme verskuif word om die duur siklus te beëindig.







Comments