top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die herstelpad gaan lank wees vir 'n jong Vrystater

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 20
  • 1 min read

'n Jong man van Hertzogville in die Vrystaat het 'n lang herstelpad voor hom nadat 'n klapper in sy hand ontplof het.


Maroela Media berig die 22-jarige Carlo Hendrikus Boshoff, wat die afgelope vier jaar deel van die H2A-werkprogram in Amerika is, het gehelp om die klapper aan te steek toe dit onverwags ontplof het.


Hy is eers per ambulans na 'n hospitaal in Carrington geneem en daarna per mediese helikopter na 'n hospitaal in Fargo, Noord-Dakota, oorgeplaas.


Boshoff se regterhand is so ernstig beseer dat al vyf sy vingers geamputeer moes word.


Hy het ook brandwonde aan sy linkerhand en bors opgedoen, asook beserings aan sy gesig.


Volgens sy familie sterk hy goed aan en ontvang hy uitstekende mediese sorg, maar sal hy nog fisioterapie en verdere behandeling moet ondergaan.


Carlo Boshoff. FOTO: Maroela Media
Carlo Boshoff. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page