Die hof beslis behoeftesertifikate vir gesondheidsorg is ongrondwetlik
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 18
- 1 min read
Die Konstitusionele Hof het beslis dat gedeeltes van die Nasionale Gesondheidswet oor behoeftesertifikate ongrondwetlik is. Die vakbond Solidariteit, wat dit in die hof betwis het, sê dit verwelkom die hof se uitspraak.
Die organisasie sê die uitspraak is ’n groot oorwinning vir gesondheidspraktisyns en die publiek. Die beoogde sertifikaatstelsel sou die regering groter beheer gegee het oor waar mediese praktisyns mag werk en watter dienste hulle mag lewer.
Solidariteit meen die uitspraak verswak ’n belangrike deel van die regering se Nasionale Gesondheidsversekering-planne en versterk beroepsonafhanklikheid in die gesondheidsektor.
Die organisasie sê ook hy sal sy breër hofstryd teen die Nasionale Gesondheidsversekering voortsit.








Comments