Die hof beslis binnekort oor die geldigheid van die BTW-verhoging
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 23
- 1 min read
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof gaan na verwagting volgende Dinsdag, die 29ste April, uitspraak lewer in ’n saak waarin die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en die Demokratiese Alliansie (DA) die geldigheid van die jongste BTW-verhoging bevraagteken. Eyewitness News berig die EFF beskuldig die minister van finansies, Enoch Godongwana, en die Nasionale Tesourie daarvan dat hulle die publiek en ActionSA mislei het deur te laat blyk dat die verhoging moontlik nie sal voortgaan nie. Die hof moet nou bepaal of die minister se optrede grondwetlik was.





Comments