Die hof beveel ‘n kontrakteur om miljoene aan Sassa terug te betaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 9
- 1 min read
Die Konstitusionele Hof het beveel dat Cash Payment Services meer as R81 miljoen aan Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) moet terugbetaal.
Die bedrag verteenwoordig die wins wat die maatskappy uit sy kontrak met Sassa gemaak het.
Die kontrak is reeds in 2014 as onwettig en ongrondwetlik verklaar.
Die uitspraak is destyds drie keer opgeskort om die uitbetaling van maatskaplike toelaes nie te ontwrig nie.
Cash Payment Services is tans onder likwidasie.








Comments