Die hof hoor Bester se eise
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 5, 2025
- 1 min read
Thabo Bester het toegang geëis tot die selfoonrekords van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola.
Hy wil ook toegang hê tot dokumente van die Presidensie en Misdaadintelligensie.
Bester beweer die inligting is nodig om vir sy komende verhoor voor te berei.
Intussen berig Nuusflits hy het ook toegang tot sy skootrekenaar en gevriesde bankrekeninge vereis.
Bester en sy medebeskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend bedrog, wat verband hou met sy ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in 2022.
Hulle het Vrydag in die Hooggeregshof in Bloemfontein vir 'n voorverhoor verskyn.
Die saak is tot 18 Maart vir saakbestuur uitgestel, en verhoordatums is vir 20 Julie en 18 September vasgestel.







Comments