Die hof kap Binnelandse Sake oor die naturalisering van 'n buitelandse burger

Die Hooggeregshof in Pretoria het ’n aansoek van die Minister van Binnelandse Sake en die Direkteur-generaal van Binnelandse Sake van die hand gewys om ’n vorige hofbevel tersyde te stel waarin die buitelandse burger, Mikhail Sakharov, as ’n Suid-Afrikaanse burger deur naturalisasie verklaar is.
Dié bevel het Binnelandse Sake gelas om Sakharov se burgerskap te erken, sy geboorte te registreer en ’n identiteitsdokument aan hom uit te reik.
Die hof het verder bevind dat die departement minagting van die hof gepleeg het deur nie aan die bevel te voldoen nie, ten spyte daarvan dat hulle daarvan bewus was.
Die geskil het ontstaan nadat Sakharov, wat in Desember 2013 permanente verblyf in Suid-Afrika verkry het en langer as vyf jaar met ’n Suid-Afrikaanse burger getroud was, aansoek wou doen om Suid-Afrikaanse burgerskap deur naturalisasie.
Die hof het gelas dat die minister van Binnelandse Sake en die direkteur-generaal vir 90 dae tronk toe gestuur moet word indien die departement nie binne 15 dae nadat die jongste uitspraak ontvang is, aan die oorspronklike hofbevel oor Sakharov se burgerskap voldoen nie.









Comments