Die hof skrap SEB-vereistes vir internasionale lugrederye

Internasionale lugrederye wat in Suid-Afrika sake doen, hoef nie meer aan swart ekonomiese bemagtigingsvereistes te voldoen om lugdienslisensies te bekom of te hernu nie.
Volgens Maroela Media volg dit nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die Internasionale Lisensieraad vir Lugdienste onregmatig opgetree het deur dié vereistes by lisensieaansoeke af te dwing.
Die hof het bevind dat die raad slegs die vereistes mag toepas wat in die wet en toepaslike regulasies uiteengesit word.
Die uitspraak beteken dat internasionale passasiers- en vraglugdienste voortaan sonder SEB-vereistes om lisensies kan aansoek doen of bestaande lisensies kan hernu.
Sakeliga, wat die saak hof toe geneem het, sê die uitspraak bevestig dat staatsorgane nie vereistes kan afdwing wat nie deur wetgewing gemagtig word nie.









Comments