top of page

Die hof steun Outa se publikasie van die Nsfas-verslag

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 18
  • 1 min read

Die Johannesburg-hooggeregshof het ten gunste van die Organisasie teen Balastingmisbruik (Outa) beslis en die aansoek van die voormalige voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas), Ernest Khosa, met koste van die hand gewys. Khosa het geëis dat Outa ’n verslag oor bewerings van korrupsie teen hom van hul webtuiste verwyder. Die verslag is gebaseer op opnames van gesprekke tussen Khosa en Nsfas-verskaffers en is in Januarie verlede jaar op hulle webblad geplaas. Die hof het die verslag as ‘n geloofwaardige klag teen Khosa beskryf, en Outa se reg op vryheid van uitdrukking bekragtig. Outa se uitvoerende direkteur vir verantwoordbaarheid, Stefanie Fick, sê die uitspraak is ’n oorwinning vir deursigtigheid en aanspreeklikheid.

 
 
 

Comments


bottom of page