top of page

Die hof sê die Waterfront se elektrisiteit mag wel afgesny word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die hooggeregshof in Bloemfontein het gelas dat elektrisiteitstoevoer aan die Loch Logan Waterfront afgesny mag word.


Volgens 'n verklaring van die elektrisiteitsverskaffer, Centlec, skuld die Michael Family Trust, wat die Waterfront besit, ongeveer R150 miljoen aan Centlec.


Die trustees het 'n dringende aansoek na die hooggeregshof gebring om te verhoed dat Centlec die elektrisiteit ontkoppel weens wanbetaling van die uitstaande rekening. Regter Soma Naidoo het die aansoek met koste van die hand gewys.


Centlec sê voorts hulle verwelkom die regter se uitspraak, aangesien dit hulle in staat sal stel om die lang uitstaande skuld te verhaal.


Volgens die kragvoorsiener is hul hoofdoel nie om die elektrisiteit af te sny nie, maar hul voortbestaan hang wel af van gelde aan hulle verskuldig.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page